[mc4wp_form]
Neil Nachtrein is ‘n sanger en liedjieskrywer uit die hartjie van die Vrystaat. Elkeen het sy eie storie waar hy begin het, maar Neil sin was regtig aan die onderste spar van die leer na sukses. Hy het in 2003 begin deur ‘open mic’ aande in London te doen. 2006 begin hy sy eie musiek skryf en keer terug na sy vaderland waar hy eers plaaslik in Bloemfontein opgetree het waar daar ‘n geleentheid was. In 2012 reik hy sy eerste album, ‘Gisters & Blisters’ uit en hy tree saam op as lid van Blomtrein vir 3 jaar (met sy sangmaat, Jan Blohm).
Die grootste deel van sy vertonings is oorspronklike, alternatiewe afrikaanse musiek met ‘n sterk “folk-roots” aanslag. Sy verhoogpersoonlikheid is gesellig, lig en komies. Maar tussen woorde en stiltes, word hy intiem met elkeen in die gehoor.
Geniet die aand saam met Neil Nachtrein by Blohmhuis Teater !
Deure oop 18h30, vertoning begin 20h00
Kontant kroeg, etes en heerlike Illy koffie en vars gebakte koek beskikbaar.
Platters kan vooruit bestel word op Quicket of deur te skakel : 0718722713