[mc4wp_form]
Ons het ’n nuwe venue – en vanjaar is SARIE se Kersfees-etes ’n uit-die-wolke-ervaring! Dit alles aangebied deur TODAY!
Kom geniet vanjaar se Kersfeeskuier saam met SARIE en TODAY op die Nasdak, op die 26ste vloer van die Media24-sentrum in die middestad, met ’n 360°-uitsig op Kaapstad. Ons doen dit in styl, en SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, kook ’n vyfgang-ete spesiaal vir jou.
Robertson Winery sal seker maak dat daar nie ’n droë keel gaan wees nie. Checkers verskaf beste gehalte produkte vir dié liplekker 5-gang maaltyd.
Bring ’n vriendin, jou vriendinne of familie en kom vier Kersfees saam met ons.
TAFELS
Soos verlede jaar kuier ons om gesellige tafels, met Herman en sy span wat vir jou ’n vyfgang-feesmaal berei.
NB. Ons bou hierdie tafels rondom jou bespreking en nie om ’n langtafel nie. Jy moet dus vir al jou gaste op een slag betaal sodat ons weet hoeveel mense om ’n tafel sit. Die tafel sal onder jou naam bespreek wees.
INGESLUIT
Die prys sluit drankies, ’n vyfgang-feesmaal en die resepte vir dié heerlike ete in. Jy gaan huis toe met ’n geskenkpak vol bederwe van die borge en SARIE.
DATUMS
Woensdag 22 November 19:00
Donderdag 23 November 19:00
Vrydag 24 November 19:00
Saterdag 25 November 18:00
Sondag 26 November 13:00
PLEK
Nasdak Rooftop Venue, 26ste verdieping, Media24-sentrum, Heerengracht 40, Kaapstad