[mc4wp_form]
Dalk is dit die sproete, dalk is dit die goue afro, dalk is dit die groen oë of die hoë note. Dalk is dit die Retro styl of die unieke lirieke – Dit is die einste Bernice West.
Bernice spog met ‘n verskeidenheid nommer een enkelsnitte maar ook met 2 nommer 1 Albums agter haar naam. Die verskeidenheid in haar musiek maak dat sy perfek by enige geleentheid aanpas, of dit nou ‘n rock verhoog of ‘n akoestiese vertoning is, beloof sy om die gehoor te verstom met een van die sterkste stemme wat ons land het om te bied.
Sy het deelgeneem aan die Gelofte Musiekbyspel en staan bekend as naas wenner van KykNet se realiteits reeks ‘Maak my Famous’.
Waar: Kapstadt Brauhaus Durbanville
Wanneer: Dinsdag, 12 September, 19:30 vir 20:00
Adres: Heritage Square, C/O Gladstone & Vrede Str, Durbanville