[mc4wp_form]
ANJA kom Blohmhuis teater toe!
Hierdie opkomende liedjieskrywer en sangeres het onlangs duisende harte gesteel in Suid-Afrika nadat haar musiek ontplof het op Facebook. Kom luister na haar unieke stem, liedjies sowel as haar weergawe van The Story (Brandi Carlile) wat viraal gegaan het in Suid-Afrika.
ANJA skryf en ‘produce’ in beide Engels en Afrikaans met elke liedjie wat n besondere verhaal vertel en jou sal laat huil, dans of lag.
Wees een van die eerstes wat kom luister na haar oorspronklike musiek voordat dit deur die platemaatskappye vrygestel word.
Kaartjies : R100.00
Platter met ‘n glas wyn : R150
(Bestel platter asb vooruit op Quicket)
Kontant kroeg, heerlike Illy koffie en vars gebak ook te koop beskikbaar.
Deure open 18h30
Vertoning begin 20h00